Verlede maand
Batchelor 'het tuinier teen koeëls beskerm'

TOE die motorfiets langs Marc Batchelor se BMW optrek en op sy kar losbrand, was sy eerste reaksie om sy tuinier te beskerm. 

So sê Warren Batchelor, broer van die voormalige Kaizer Chiefs- en Orlando Pirates-speler, aan die SABC.

"Daar is een ding wat my broer se lewe in 'n neutedop kan opsom en dit is sy laaste oomblikke op aarde. Hy het sy tuinier by hom gehad vir wie hy baie lief was en wat ook vir hom (Marc) en sy hond omgegee het," sê Warren.

"Die hond was op die agtersitplek toe die motorfiets langs hom optrek. Marc se eerste reaksie, toe die skote klap, was om sy tuinier te beveel om plat te lê."

Batchelor is Maandagaand om 18:00 verskeie kere deur die venster van sy BMW buite sy huis in Olivedale, noord van Johannesburg, geskiet.

"Niemand verdien om so te sterf nie. Dis my broer wat in die kar gelê het. Ek probeer dit steeds verwerk," sê hy.

"Ek wil net dankie sê aan almal vir die boodskappe van liefde en ondersteuning vir 'n held van dié land."

Die polisie het reeds die tuinier se verklaring afgelê en is steeds opsoek na twee verdagtes. - SABC

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters