Verlede maand
Batchelor dalk vermoor oor kokaïen-diefstal
Marc Batchelor
Marc Batchelor  ~ orlandopiratesfc.com

'N SPAN speurders ondersoek die moontlikheid dat Marc Batchelor, die voormalige Orlando Pirates- en Kaizer Chiefs-doelskieter, uit weerwraak vermoor is oor sy rol in die diefstal van 'n ton kokaïen wat laas jaar die land ingesmokkel is.

Volgens die Sunday Times is dit dieselfde span speurders wat ook die moord ondersoek van die Serwiër Ivan Djordjevic wat in April op dieselfde manier in Bryanston doodgeskiet is.

Djordjevice (59) is verskeie kere geskiet kor ná hy by sy residensiële kompleks ingery het.

Luidens Sunday Times se berig het Djordjevic laas jaar met Batchelor in besigheid gegaan.

Volgens dié sondagkoerant was die twee glo betrokke by kokaïen-diefstal.

"Die drugs het laas jaar vanaf Brasilië en Nederland deur die hawens in Port Elizabeth en Kaapstad die land binnegekom," lui die berig.

Volgens Rapport het Batchelor die verkeerde mense kwaadgemaak.

Batchelor is verlede Maandag dood ná hy verskeie kere geskiet is in sy kar buite sy huis in Olivedale, noord van Johannesburg.

Sy tuinier, wat saam met hom in die kar was, het oorleef. Batchelor se hond is gewond en ontvang tans behandeling.

Batchelor word Vrydag in Midrand begrawe. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters