Verlede maand
Bail vir kids ná gruwel
Thoriso ThemaneFOTO VERSKAF  ~ 

POLOKWANE. – Die landdroshof hier het sewe skoolseuns op borgtog vrygelaat ná die moord op Thoriso Themane.

Die staat het nie bail teengestaan nie. Hulle is uit op borgtog van R2 000 elk.

Die saak is agter geslote deure gehou omdat hulle minderjarig is.

’n Groep skoolseuns het Themane op 23 Februarie aangeval en vermoor.

Themane het in ’n band trom gespeel en was op pad terug van ’n oefening af toe hulle hom aangeval het.

Teleurgesteld

Hy is geskop en geslaan en het weens die aanval gesterf. Die aanval is op sel­fone opgeneem en oral in die sosiale media versprei.

Van die borgtogvoorwaardes is dat die jeugdiges onder hulle ouers se sorg in Polokwane moet bly en hulle mag ook nie na enige skool toe gaan nie.

’n Familiewoordvoerder van die slagoffer se gesin het gesê hulle is teleurgesteld oor die borgtog. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters