2 maande gelede
Baaise vrou gyselaar gehou en verkrag
Beetge
Kapt. André Beetge, 'n polisiewoordvoerder.  ~ foto ter illustrasie

TWEE gewapende rowers het 'n vrou van Port Elizabeth herhaaldelik verkrag nadat hulle Dinsdagaand by haar huis ingebreek het.

Die 27-jarige vrou van Motherwell het om 23:00 by haar huis aangekom nadat sy by vriende gekuier het.

Kapt. Andre Beetge, 'n polisiewoordvoerder, sê 'n paar minute nadat sy haar huis binnegegaan het, het sy 'n geluid buite gehoor en gaan ondersoek instel.

"Toe sy die deur oopmaak, het sy gesien hoe twee mans besig is om haar kar se deur oop te dwing," verduidelik Beetge.

"Sy het geskree en terug in die huis gehardloop. Sy kon die deur betyds sluit, maar die verdagtes het dit oopgetrap."

Die verdagtes het haar hande vasgebind, haar in die kar gestop en weggery.

Sy is na 'n afgeleë area geneem waar sy herhaaldelik om die beurt verkrag is.

Beetge sê die rowers het, na hulle met haar rondgery het, terug huis toe geneem, waar hulle haar huis geplunder het. 

Die mans het in haar Hyundai i10 gevlug. - SowetanLIVE
Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters