2 maande gelede
Ashwin se TV-dae iets van verlede
ashwin willemseFoto: MARK WARD  ~ 

DIE oud-Springbok Ashwin Willemse se dae as SuperSport-rugbyontleder is verby.

Die MultiChoice-beheerde kanaal het gister bevestig Willemse se kontrak het verstryk en is nie hernu nie.

SuperSport het nie verduidelik of dié besluit eensydig of gesamentlik deur Willemse en die uitsaaier geneem is nie.

Luidens ’n verklaring deur Sandile Luthuli van SuperSport sal Willemse nie weer op die lug verskyn nie.

“Ons verklaring staan. Ek stel voor julle kontak Ashwin self oor wat hy daarvan weet,” het Luthuli gesê.

Gelykheidshof

Willemse het op Saterdag 19 Mei op opspraakwekkende wyse tydens ’n regstreekse uitsending die ateljee verlaat nadat hy sy mede-ontleders, Nick Mallett en Naas Botha, van neerhalende gedrag teenoor hom beskuldig het.

Mallett en Botha het albei al na die ateljee teruggekeer.

Willemse het Son in Augustus by die Eden-sportraad se toekenningsdinee in Oudtshoorn vertel hy gaan die gelykheidshof oor dié issue nader.

SuperSport het bevestig hy’t nog geen kommunikasie van die gelykheidshof ontvang nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters