12 dae gelede
Antie Pat neem tugstappe teen DG
Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur.  ~ Argief

DIE direkteur-generaal van die departement van openbare werke en infrastruktuur, adv. Sam Vukela, is hangende die afhandeling van dissiplinêre prosesse voorlopig geskors.

Min. Patricia de Lille het dié besluit geneem nadat pres. Cyril Ramaphosa haar op 17 Maart geskrewe toestemming gegee het om met dissiplinêre stappe teen Vukela te begin.

In ’n verklaring sê De Lille die stappe volg nadat Vukela in twee verslae geïmpliseer is. Een verslag is van Price­waterhouseCoopers.

Aanstellings

Hierdie maatskappy het bewerings van onreëlmatighede ondersoek wat verband hou met die verskaffing van infrastruktuur vir amptelike begrafnisse.

Die ander verslag is van die openbare dienskommissie.

Dié het bewerings ondersoek van onreëlmatige aanstellings binne die senior bestuursdiens van die departement.

“Ek het regsadvies en hulp ingewin om die proses te begin soos die president in sy notule opdrag gegee het,” het De Lille gesê.

’n Interne dissiplinêre proses onder die voorsitterskap van ’n senior advokaat gaan binnekort begin.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters