12 dae gelede
Angstige vrou in hospitaal video sterf
w
Rowena Hawkey is dood in die Wentworth-hospitaal.  ~ Verskaf

DIE familie van 'n bejaarde vrou van wie 'n video aanlyn trend waar sy om hulp roep is getraumatiseer oor die voorval.

Jacaranda FM berig dat Rowena Hawkey van Berea in Durban in KwaZulu-Natal se geliefdes het bevestig sy in die hospitaal oorlede is.

In die video kan gesien word hoe Hawkey aan ander pasiënte noem dat sy nie kan asemhaal nie. Sy roep dan vir iemand om haar inhaler te gee.

Daar kan ook gesien word hoe ander pasiënte op die vloer en op stoele lê en slaap. Geen mediese personeel verskyn egter in die video nie.

Volgens JacarandaFM vertel Hawkey se neef, Allon Pretorius, dat sy 67-jarige tannie verlede week Maandag na die hospitaal geneem is met asemhalingsprobleme. 

Sy is die volgende dag opgeneem en haar dogter, Theresa, is gesê om later terug te kom.

"Theresa is die Vrydag terug, nadat sy niks van die hospitaal gehoor het nie," aldus Pretorius.

Sy is toe gesê dat haar ma twee dae vroeër aan 'n hartaanval oorlede is.

Die familie het eers na die tyd die video gesien en weet steeds nie wie dit gemaak het nie.

Nomagugu Simelane-Zulu, die LUR vir gesondheid in die provinsie, het Dinsdag genoem: "Ten tye van die voorval het die hospitaal 'n groot tekort aan personeel gehad en was verskeie dokters en verpleegsters ook in isolasie.

"Daar is 'n ondersoek gelas, om die feite te kry."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters