6 maande gelede
Angelo Agrizzi by petrolstasie beroof
dikding: Angelo Agrizzi verlaat gister die Pretoriase handelshof. Foto: twitter  ~ 

Die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, is Donderdag van goedere en kontant van sowat R378,000 beroof.

News24 berig Agrizzi bevestig hy is deur twee gewapende mans met balaclavas beroof. Dit kom na CCTV-beeldmateriaal die rondte gedoen het van die rooftog by ‘n petrolstasie.

Die beeldmateriaal wat die datum 30-05-2019 toon, wys ‘n BMW wat by die petrolpomp stilhou. Sekondes later kom twee mans na die motoris gehardloop met vuurwapens. Hulle maak die deur oop en daar kan gesien word hoe hulle items vat, voor hulle na ‘n silwer voertuig hardloop.

In die video kan gesien word hoe Agrizzi wegry en weer later terugkeer. Met sy terugkeer klim hy vir die eerste keer uit die kar.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê: “Die mans het weggekom met ‘n horlosie, trouring en ‘n Apple MacBook en vyf Mont Blanc penne in ‘n swart leersak.”

Die rowers het ook weggekom met ‘n beursie, met ‘n onbekende bedrag kontant en bankkaarte. 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters