10 dae gelede
ANC praat uit oor xenofobie
Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC.  ~ news24

Die ANC het sterk standpunt ingeneem teenoor die onlangse xenofobiese aanvalle in die land.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het in ’n sterk bewoorde verklaring gesê die nasionale amptenare van die regerende party het Maandag vergader om die geweld, wat die afgelope week dele van die land geteister het, te bespreek.

“Die amptenare dring daarop aan dat alle voorvalle van geweld veroordeel word insluitende dié teen buitelanders wat in Suid-Afrika woon,” sê Magashule.

Magashule meen die ANC is bekommerd oor misdaad in verskeie gemeenskappe in Gauteng.

“Ons doen ’n beroep op die regering en sy maatskaplike vennote om vinnig pogings aan te wend om die maatskaplike en ekonomiese probleme van Suid-Afrika, wat geweld aanhits, aan te spreek”.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag ’n beroep gedoen op wetstoepassingsagentskappe om waaksaam en ferm te wees wanneer hulle met mense deal wat die wet in eie hande neem.

“Die regering sal nie toelaat dat sporadiese wetteloosheid en geweld die veiligheid en lewens van miljoene Suid-Afrikaners en die meerderheid buitelanders in ons land, wat wette gehoorsaam, ontwrig nie.

Ramaphosa meen hulle het die reg om hul lewens en besighede in vrede te bedryf”. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters