Verlede maand
ANC-man na 2 maande weer buite
Andile Lungisa
Andile Lungisa  ~ Deon Ferreira

NA SLEGS twee en 'n half maande agter tralies is die voormalige ANC raadslid in Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, Andile Lungisa, 'n vry man.

Lungisa is in 2018 skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer, en 'n drie jaar tronkstraf opgelê.

Sy skuldigbevinding volg nadat hy in 2016 'n glasbeker op die kop van die DA-raadslid Rano Kayser, geslaan het.

News24 berig dat die departement van korrektiewe dienste bevestig het dat Lungisa vanaf 1 Desember 2020 in aanmerking kom vir parool.

Singabakho Nxumalo, 'n woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste, verduidelik: "Die parool beteken Lungisa sal die res van sy vonnis onder gemeenskapsdiens uitdien. 

"Daar word van hom verwag om te voldoen aan 'n stel voorwaardes en hy sal onder toesig wees tot wanneer sy vonnis verstryk.

Volgens Nxumalo is Lungisa 'n eerste oortreder met positiewe ondersteuningstelsel wie positief reageer het op rehabilitasie programme.

Nxumalo verduidelik verder volgens die wet op kriminele prosedure moet 'n verpligte een sesde van 'n vonnis gedien word voor enige oorweging vir parool kan geskied.

Lungisa is een van sowat 14 000 inmates who voordeel trek uit spesiale kwytskelding wat pres. Cyril Ramaphosa in Desember 2019 aangekondig het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters