15 dae gelede
ANC gaan Ace ondersoek
ANC secretary-general Ace Magashule  ~ 

DIE ANC gaan beweringe ondersoek dat hul sekretaris-generaal, Ace Magashule, gehelp het om die African Transformation Movement (ATM) te stig.

News24 berig dat drie bronne aan hulle bevestig het dat Kgalema Mtlanthe, voormalige president, die ondersoek gaan lei.

Daar word vermoed dat Magashule ‘n sleutelrol gespeel het in die stigting van die ATM waarvan Mzwanele Manyi die mees prominente lid is.

Magashule het ook glo voorgestel dat die woord “movement” moet deelvorm van die party se naam.

Ontevrede ATM-lede het glo bewyse van Magashule se betrokkenheid voor die verkiesing aan die ANC-leierskap oorhandig in ‘n poging om die party (ATM) se naam van die stembrief te verwyder.

Die besluit om Magashule te ondersoek is glo deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee geneem. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters