14 dae gelede
ANC en EFF se LP's gryp mekaar
ANC and EFF MPs push and shove in the Old Assembly
LP's van die ANC en EFF stoot mekaar in die parlement.  ~ foto verskaf

'N INLIGTINGSESSIE in die parlement is Woensdag bederf toe lede van die ANC en EFF mekaar gegryp het.

Die konfrontasie moes deur die speaker Thandi Modise ontlont word.

Volgens 'n parlementslid is daar houe geslaan, maar dit kan nie in 'n video gesien word wat tans die ronde doen nie.

Annelie Lotriet, 'n DA-LP wat as voorsitter van die inligtingsessie gedien het, sê Makoti Khawula van die EFF het die geleentheid gebruik om die ANC te tart en aan te val.

"Sy het die ANC herhaaldelik aangeval en hulle daarvan beskuldig dat hulle kriminele tot die parlement verkies. Dit het daartoe gelei dat die ANC-LP's hulle vererg het," het sy aan News24 verduidelik.

Lotriet sê sy het gevra dat alma moetl kalmeer, maar Tebogo Mokwele, 'n EFF-LP, het skielik opgespring, die mikrofoon gegryp en begin skree op die ANC.

"Hy het, gevolg deur ander EFF-LP's, na die ANC se banke gestap. Dis toe die geveg uitgebreek het," sê Lotriet. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters