7 maande gelede
Amptenaar skuld R73 k vir parking
Commuters are fuming over Gautrain delays. (Photo:
Die maatskappy wat die Gautrein bedryf kan R73 000 in parkeerfooie van 'n regeringsamptenaar eis.  ~ Netwerk24

DIE maatskappy wat die Gautrein bedryf kan soveel as R73 000 eis by 'n regeringswerker wie se kar al twee jaar lank by een van hul stasies geparkeer staan.

Volgens TimesLive se berig is die Audi A4-stasiewa in Charles Mabaso se naam geregistreer. 

Mabaso is die hoofdirekteur van kulturele ontwikkeling by die departement van sport, kuns en kultuur.

Kesagee Nayager, woordvoerder van Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, sê rekords wys dat die voertuig al vir twee jaar daar geparkeer is.

Nayager sê aan TimesLive die maatskappy is bewus van 12 verlate voertuie by sy stasies.

"Ons het nie 'n voorgeskrewe maksimum periode vir 'n voertuig om by 'n stasie geparkeer te word nie en dit is wettig en toelaatbaar vir 'n passasier om vir lang periodes te parkeer," sê Nayager.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters