13 dae gelede
Aktrise: "Mans kan die probleem verander"
PROUD MUM Charlize Theron. Picture: Vera Anderson  ~ 

SY is dalk nie meer in haar geboorteland nie maar die Oscar-bekroonde aktrise Charlize Theron staan saam met met Suid-Afrikaanse vroue.

Theron sê: "Die stelsel het vroue gefaal, omdat verkragting en femicide nogsteeds hoog is in die land."

Die omstrede 1999-advertensie van Theron, waarin sy mans aanspreek oor hul gedrag teenoor vroue, het soos destyds hierdie week opslae gemaak.

Theron sê: "Toe ek die advertensie in 1999 gemaak het, het ek gehoop dinge sal verander. Dit het nie. Verkragting en femicide is steeds 'n epidemie in Suid-Afrika." 

Sy het ook 'n beroep op die regering gedoen om voort te gaan om die euwel te ignoreer nie.

"Ons leiers kan nie weer wegkyk vir wat gebeur nie. Nie weer soos met die 1999 advertensie nie." 

Sy het mans ook gevra om vroue te beskerm teen ander mans.

Theron sê: "Aan die mans in my land, beskerm asseblief ons vroue. STAAN OP. PRAAT UIT. Moet nie bystanders wees nie. Wys julle broers, ooms, seuns tereg as jy sien hy gaan of beplan om iets kwaad te doen.

"Mans julle het die mag om dit te verander." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters