11 dae gelede
Aktiviste eis meer jobs
President Cyril Ramaphosa gestures during a talk a
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ GCIS

AKTIVISTE  van die Right to Know-veldtog het op die laaste dag van pres. Cyril Ramaphosa se beleggingskonferensie betoog. 

Die betoging gaan oor 'n gebrek aan werksgeleenthede en basiese dienste.

Bongani Xezi, ‘n leier van die betoging, sê aan Eyewitness News hulle is siek en sat vir die regering wat aanhoudend leë beloftes maak.

“Ons demand dat hulle by hulle beloftes hou om 1 miljoen werksgeleenthede te skep.”

Die werkloosheidsyfer is tans op 29.1%.

Ramaphosa sê die nuwe beleggingsplan gaan meer werk skep, maar dat dit tyd gaan vat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters