Verlede maand
Akteur vas vir onwettige sigarette
sigarette.
Die cops het op duisende rande se sigarette beslag gelê.  ~ Foto Verskaf

DIE cops in Limpopo het 'n bekende sepie-akteur en vier ander verdagtes gearresteer vir die handel in onwettige sigarette.

Die 44-jarige akteur en makkers, tussen die ouderdom van 38 en 42, is Woensdag vasgetrek ná die Valke inligting opgevolg het dat onwettige entjies by 'n taxi rank in Polokwane verkoop word. 

Hulle is op heterdaad betrap met duisende rande se sigarette.

Altesaam 45 pakke Remington Gold-sigarette ter waarde van R12 000 sowel as R9 681 in kontant is op beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Polokwane verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters