Verlede maand
Akteur by betoging geskiet
Patrick Shai
Patrick Shai  ~ Gallo Images

ELF rubberkoeëls het die 7de Laan-akteur Patrick Shai getref toe hy Maandag aan 'n betoging in Dobsonville deelgeneem het.

Meeste van die koeëls het Shai in die rug getref toe hy wou vlug.

Hy het aan Channel24 gesê hy het deelgeneem aan 'n betoging oor elektrisiteit om die vrede te behou en is geskied toe hy as bemiddelaar tussen die polisie en inwoners wou optree.

Brig. Mathapelo Peters, 'n polisiewoordvoerder, het aan SowetanLive gesê die polisie het rubberkoeëls begin afvuur om die groot groep betogers uitmekaar te dryf.

Die betogers het na bewering die polisie begin gooi toe versperrings uit Elias Motsoaledi-weg verwyder is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters