3 maande gelede
AIC, COPE verloor hulle seats
D
 ~ 

HOEWEL die ANC sy majority in die Oos-Kaap behou het, het hy een seat in die provinsiale wetgewer verloor.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Saterdagaand aangekondig dat die ANC 44 seats in die wetgewer gaan hê ná verlede week se provinsiale verkiesing.

Die DA is die amptelike opposisie met 10 seats, terwyl die EFF 5 seats gekry het. Ná die vorige provinsiale verkiesing in 2014 het die DA ook 10 seats gehad, met die EFF slegs 2.

Verteenwoordiger

Die UDM sal verteenwoordig word deur twee seats – twee minder as in 2014.

Die nuwe party African Transformation Movement, sowel as die Vryheidsfront Plus, sal elk een verteenwoordiger in die wetgewer hê.

Ná die vorige verkiesing in 2014 het die Vryheidsfront Plus geen verteenwoordiging in die wetgewer gehad nie.

Die African Independent Congress (AIC) en Cope, wat ná die 2014-verkiesing elk een verteenwoordiger in die wetgewer gehad het, sal nou ná verlede week se verkiesing nie meer in die wetgewer teenwoordig wees nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters