Verlede maand
Agt reg om Malunga op te volg
Buang Jones  ~ Argief

DIE onderhoude vir die pos van adjunk-openbare beskermer begin Woensdag. 

Die portefeuljekommitee vir justisie en korrektiewe dienste het die aantal kandidate van 26 tot agt verminder.

Buang Jones, die SAMRK se regshoof, tel onder die gekortlysde kandidate. Hy gaan om die pos meeding met Moshoeshoe Jeffrey Toba en Advv. Sonwabile Mancotywa, Shadrack Nkuna, Noxolo Mbangeni, Lwazi Pumelela Kubukeli, Puleng Matshelo en Kholeka Gcaleka.

Een van die agt gaan vir Kevin Malunga opvolg wie se termy volgende maand tot 'n einde loop.

Robert McBride, die voormalige hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, is een van die kandidate wat nie die finale kortlys gehaal het.

Bulelani Magwanishe, die komitee-voorsitter, het voorheen gesê dat lede van die publiek bewerings teen sommige van die kandidate gemaak het. 

Magwanishe sê verdere bewerings kan gedurende die onderhoude teen die kandidate gemaak word "om die geskiktheid van die kandidaat om sy amp te beklee verder te ondersoek".  – News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters