4 dae gelede
AfriForum waarsku teen eensydige vervolging
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.  ~ Argief

AFRIFORUM het die regering gewaarsku teen eensydige vervolgings van misdade wat tydens apartheid gepleeg is.

Die burgerregtegroep sê in 'n verklaring hulle is van mening dat die boek van die verlede gesluit moet word.

"As die staat wel met die vervolgings voortgaan, behoort dit ook lede van die ANC en sy vennote  wat verantwoordelik was vir die dood en besering van duisende mense, te vervolg," sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof, in 'n verklaring. 

"Sou dit blyk dat hierdie vervolgings eensydig is, sal AfriForum se privaatvervolgingseenheid druk op die NVG plaas om ook ANC-leiers te vervolg. As dit onsuksesvol is, sal privaat vervolgings sterk oorweeg word.”

Afriforum se waarskuwing kom nadat die NVG onlangs aangekondig het hulle gaan 'n eenheid op die been bring om apartheidsera-misdade te vervolg.

Gerrie Nel, hoof van Afriforum se privaatvervolgingseenheid, sê daar blyk gronde te wees vir vervolging in "talle van die sake waarin ANC-lede en bondgenote die verdagtes is".

"Indien wel, en indien die staat selektief sou vervolg, sal die privaatvervolgingseenheid in lyn met ons fokus op gelykheid voor die reg dié sake vir privaat vervolging oorweeg,” sê Nel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters