7 dae gelede
Adjunkminister gevra om te bedank
David Masondo  ~ Sarel van der Walt

DIE ANC se integriteitskomitee het gevra dat David Masondo, adjunkminister van finansies, vrywilliglik uit sy pos moet bedank.

Dit kom ná bewerings dat hy sy invloed gebruik het om die Valke te kry om 'n voormalige minnares te arresteer.

George Mashamba, komitee-voorsitter, vra in 'n brief dat Masondo vrywilliglik uit sy pos bedank oor die bewerings.

"Jou optrede het die organisasie in oneer gebring, maar deur dit te erken en verantwoordelikheid te neem, het jy jou verbintenis tot die organisasie en die ideale waarna ons strewe gewys," skryf Mashamba.

AmaBhungane het verlede jaar berig Masondo het sy invloed en regeringshulpbronne gebruik om 'n voormalige minnares te laat arresteer vir afdreiging.

Die 30-jarige vrou is buite haar huis in Johannesburg gearresteer.

Mashamba se dit was swak oordeel.  - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters