12 dae gelede
Adjunk-polisiehoof afgedank
Bonang Mgwenya  ~ Argief

SUID-AFRIKA se adjunk-polisiehoof, lt.gen. Bonang Mgwenya, is deur die nasionale polisiekommissaris, gen. Khehla Sithole, die trek pas gegee.

Mgwenya staar aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery in die gesig.

Sy is onlangs die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat gearresteer en het net bietjie meer as 'n maand gelede 'n hofverskyning gemaak.

Mgwenya is 'n dag na haar arrestasie, op 15 Oktober, tydelik geskors - hangende 'n interne ondersoek.

In 'n verklaring sê die polisie sy is na die interne ondersoek skuldig bevind en summier afgedank. - The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters