5 dae gelede
Ace se aansoek verwerp
Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC.  ~ Argief

DIE geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, het weer bloedneus in die hof gekry. 

Sy aansoek om verlof tot appèl teen sy skorsing is in die Johannesburgse hooggeregshof met koste van die hand gewys.

Die einste hof het sy aansoek in Julie, om sy skorsing om te keer en sy skorsing van Cyril Ramaphosa te bekragtig, geweier.

Magashule is in Mei geskors nadat hy nie op 'n versoek van die party opsy gestaan het nie. Volgens partyreëls moet alle partylede, wat strafregtelik vervolg word, hangende die hofsaak opsy moet staan. 

Hy staan tereg op bedrog- en korrupsieklagte wat verband hou met 'n R255 miljoen asbesdakkeprojek in die Vrystaat.

Die projek was toe Magashule premier in die provinsie was. - The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters