10 dae gelede
Ace ontken
Ace MagashuleFoto: netwerk24  ~ 

DIE ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, ontken enige sameswering teen pres. ­Cyril Ramaphosa.

Magashule het gister met die media oor dié aantygings gepraat.

Dít kom nadat die Sunday Times berig het dat Magashule, oudpres. Jacob Zuma en Supra Mahumapelo, die voormalige premier van Noordwes, vergader het.

Volgens die koerant word planne glo beraam om van Ramaphosa ontslae te raak.

Eerste

Die koerant berig dat die ontmoeting die naweek in ’n hotel in Durban plaasgevind het.

“Dis nie die eerste ontmoeting wat ek met pres. Zuma gehad het nie,” het hy gesê.

Hy het beklemtoon dat daar nie ’n “sameswering” is soos wat die media beweer nie.

Magashule het ook gesê hy het nooit ontken dat hy en Zuma al voorheen ontmoet het nie.

Ten slotte het hy gesê dat hy bereid is om voor die kommissie oor staatskaping te getuig. –News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters