DIE Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba sê hy is skepties oor hoe
die uitrol van die Covid-19-entstof in Suid-Afrika sal vorder.
Makgoba het Saterdagaand ’n Paasnaweek-preek in die Sint George-katedraal in Kaapstad waargeneem.
“Amerika het reeds omtrent 16% van sy bevolking ingeënt terwyl ons minder as 0,5% van ons s’n gedek het.
“En baie lande het nog glad nie entstof gesien nie,” merk Makgoba op.
Hy
het ook wêreldmoondhede daarvan beskuldig dat hulle “entstof-apartheid”
beoefen en gevra dat armes en gemarginaliseerdes teen dieselfde tempo
ingeënt moet word as diegene in ryk lande.
Armes
“Die
vrywillige verskaffingsmeganismes vir entstowwe soos Covax en
tweesydige ooreenkomste wat gebruik word om entstowwe wêreldwyd aan te
skaf, misluk.
“Dit misluk veral vir die wêreldwye suide, waar ons
met regverdiging kan sê dat die armes van die wêreld onder
entstof-apartheid ly.”
Die aartsbiskop het verder gekap na
betrokkenes by die politieke korrupsie wat ons openbare
gesondheidsorgstelsels vergiftig het.
Hy het ’n beroep op die
regering asook Suid-Afrikaanse besighede gedoen om ’n gekoördineerde
plan met ’n duidelike, haalbare en gepubliseerde rooster te ontwikkel
sodat almal die entstof kan kry. – EWN