6 dae gelede
'Aanvallers was swaar gewapen'
Lede van die kerk is beveel om op die grond te lĂȘ om deursoek te word.  ~ Tebogo Letsie

DIE Westonaria-landdroshof het Woensdag gehoor hoe swaar gewapen 42 mense was tydens die aanval vroeër vandeesmaand by die International Pentecost Holiness Church (IPHC) was.

Mans met gewere, haelgewere en pistole het op 11 Julie die kerk in Zuurbekom aan die Wes-Rand bestorm.

Vyf mense is in die voorval dood en vier van die slagoffers is aan die brand gesteek. Een se liggaam is onherkenbaar verbrand.

Die ondersoekbeampte, sers. George Matsitse, het tydens die borgtogaansoek van die 42 mense getuig.

Matsitse het al 42 met die aanval verbind.

Hy sê die polisie het ’n wit BMW-sedan agtervolg en 10 gewere en ses pistole daarin gevind.

Volgens sy getuienis is 19 mense gearresteer toe hulle die kerkperseel verlaat het.

“Beskuldigdes, veral diegene wat beweer het dat hulle vir ’n privaat sekuriteitsfirma werk, het nie permitte gehad om die wapens te dra nie,” het Matsitse gesê.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters