6 dae gelede
Aanval op 9 vragmotors 'ekonomiese sabotasie'
Heidelberg
Gauteng police said they were mobilising as many resources as possible after nine trucks with trailers were torched in Heidelberg. (FleetWatch Magazine, @FleetWatchCC, Twitter)  ~ 

DIE polisie het 'n manhunt begin om die skuldiges op te spoor wat nege trokke Donderdag op die N3 en R103 naby Heidelberg gepetrolbom het.

Kapt. Mavela Masondo, 'n polisiewoordvoerder, sê die voorlopige ondersoek het bevind dat 'n wit Toyota Quantum en 'n swart Volkswagen-voertuig voor die aanvalle die pad afgesper het.

"Sewe trokke is op die N3 tussen Heidelberg en Vosloorus aan die brand gesteek en twee trokke op die R103," sê Masondo.

Genl. maj. Patricia Rampota, waarnemende polisiekommissaris in Gauteng, het beveel dat die maksimum hulpbronne aangewend moet word om die skuldiges vas te trek.

Fred Nel, 'n DA-lid in die Gautengse wetgewer, het die aanvalle as ekonomiese sabotasie beskryf.

"Die skade gaan tienmiljoene rande beloop, want duur voertuie is vernietig en hul vragte is of beskadig of vernietig," sê Nel.

Nel sê die aanvalle is duidelik beplan, maar dat 'n duidelike boodskap gestuur moet word dat sulke misdadigheid nie geduld sal word nie. 

"Ons kan nie bekositg dat ons ekonomie so gyselaar gehou en gesaboteer word nie," sê hy.

"Die vervoer van goedere op ons baie is uiters belangrik vir Gauteng en die Suid-Afrikaanse ekonomie en ons moet alles in ons vermoë doen om trokdrywers en hul vragte te beskerm." - TimesLive


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters