8 dae gelede
Aanklaer wat hof dodge weer vas
Photo by Bill Oxford on Unsplash
'n Voormalige beheeraanklaer is weer gearresteer nadat hy hofdatums misgeloop het.  ~ Foto ter illustrasie

'N VOORMALIGE beheeraanklaer van Standerton in Mpumalanga, wat teregstaan op korrupsieklagte, is weer gearresteer nadat hy verskeie hofdatums misgeloop het.

Aaron Mohanwe (36) is aanvanklik op 28 Julie 2020 gearresteer omdat hy na bewering omkoopgeld van verdagtes gevra het om sake van die hofrol te skrap.

Hy het sedertien verskeie kere sy hofdatums misgeloop. Die landdros in die saak het uiteindelik in Februarie 'n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik en 'n bykomende klag van minagting van die hof bygevoeg.

Mohanwe verskyn vandag in die Evander-landdroshof.

Kol. Donald Mdhluli, 'n polisiewoordvoerder, sê die polisiebestuur in die provinsie verwelkom die nuwe verwikkelinge en hoop Mohanwe se arrestasie dien as 'n les vir ander met soortgelyke gedrag.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters