Verlede maand
7de Laan-akteur wil klag lê
Photo: Patrick Shai.
Patrick Shai  ~ Foto Verskaf

DIE 7de Laan-akteur Patrick Shai sê hy gaan 'n klag teen die polisie lê nadat hulle hom elf keer met rubberkoeëls geskiet het.

Shai is geskiet toe hy Maandag in Dobsonville in Soweto aan 'n betoging oor elektrisiteit deelgeneem het. 

Hy sê die polisie moes hom eerder gearresteer het pleks van met rubberkoeëls op hom losbrand.

Volgens Shai het hy as bemiddelaar opgetree tussen die betogers en polisie.

Luidens Eyewitness News is Shai in die hospitaal opgeneem waar hy tans behandeling ontvang.

“Hulle het die vermoë en is opgelei om arrestasies te maak voordat hulle iemand skiet,” sê hy.

Mathapelo Peters, ‘n polisiewoordvoerder, sê die polisie gaan nog teenwoordig wees in die area.

Peters sê die polisie het rubberkoeëls gebruik om ‘n groep van 200 betogers uitmekaar te dryf wat goed na die polisie gegooi het. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters