4 maande gelede
70-jarige ontvoer en aangerand vir sy PIN
 ~ 

DIE polisie in Vrystaat ondersoek 'n voorval waarin 'n 70-jarige man uit sy huis ontvoer is en vir vier dae in 'n shack aangehou is.

Kapt. Stephen Thakeng, 'n polisiewoordvoerder, sê die pensionaris was besig om te slaap in sy huis in Reitzpark toe twee mans daar inbreek. 

Thakeng sê die ontvoerders het 'n televisie gesteel en sy voertuig gebruik om hom na 'n afgeleë plek te neem. 

Daar het hulle hom aangerand en gedwing om sy bankkaart se PIN te gee.

Hulle het daarna 'n onbekende bedrag geld uit sy bankrekening getrek en toe met sy voertuig weggery.

Thakeng sê die pensioenaris is vrygelaat en is tans in die Welkom-hospitaal in die waakeenheid.

Die polisie ondersoek 'n klag van ontvoering en hijacking.

Mense met inligting oor die voorval kan kapt. Pieter du Plessis by 079 884 2179 bel. - OFM News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters