5 maande gelede
7-jarige deur bus doodgery
'n Sewejarige is Dinsdagoggend deur 'n bus doodgery.  ~ foto ter illustrasie

‘N SEWEJARIGE seuntjie is Dinsdagoggend in Johannesburg dood toe hy deur 'n bus gestamp is.

Die voorval het by die kruising van Claredon- en Birminghamstraat kruising in Actonvill, Oos van Johannesburg, plaasgevind.

Russel Meiring, 'n ER24-woordvoerder het, sê die seun is op die toneel dood verklaar.

“Hy het verskeie beserings opgedoen en het geen tekens van lewe gewys toe medics hom ondersoek nie,” sê Meiring.

Volgens Meiring het die seun in die middel van die pad gelê terwyl die bus enkele meters weg van waar die voorval plaasgevind het, geparkeer was.

Die passasiers is die bus het geen beserings opgedoen nie. - JacarandaFM

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters