15 dae gelede
4x life vir monster-pa
durban father
Sibusiso Mpungose tydens 'n vorige hofverskyning.  ~ Skermgreep / News24

DIE man van Durban wat sy drie kinders en stiefdogter vermoor het, is Woensdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof vier lewenslange vonnisse opgelê.

Sibusiso Mpungose het die kinders vermoor nadat hy en sy vrou ‘n uitval gehad het. Hy het haar daarvan beskuldig dat sy hom verneuk.

Regter Sharmaine Balton het Mpungose as koud en gevoelloos beskryf en gesê hy moet uit die samelewing verwyder word.

Luidens Eyewitness News se berig is die kinders se familie tevrede met die vonnis.

Mthobisi Mlaba, ‘n familiewoordvoerder, sê hulle is dankbaar vir die straf.

“Dit sal nie ons kinders terugbring nie, maar die feit dat hy baie lank in die tronk gaan wees, stel ons gerus.”

Nonhlanhla Khoza, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, sê die vonnis is 'n oorwinning vir almal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters