7 maande gelede
4 onderskeidings vir inmate
matric results
Sandile Stangoni, 'n gevangene van die Westville-gevangenis.  ~ (Skermgreep/Kaveel Singh)

WEERHOU julself van dwelms en ander negatiewe goed.

Dis die raad wat Sandile Stangoni vir sy mede-gevangene het.

Stangoni het die beste van alle inmates in die onlangse matriekeksamen in KwaZulu-Natal gedoen.

Hy sê opvoeding het hom ’n tweede kans in die lewe gegee.

“Ek was voorheen ’n dwelmverslaafde en het skool verlaat. Daar is nie ’n toekoms in dwelms nie.

"Dit sal jou of dood maak of in die tronk laat beland.”

Stangoni, wat sedert Junie 2018 straf in die Westville-gevangenis uitdien, het vier onderskeidings gekry.

Hy sê om in die tronk te leer kom met baie uitdagings, maar ondanks alles het hy deurgedruk.

“Ek het vir myself gesê, niks is belangriker as opvoeding nie."

Stangoni het nog 'n jaar om uit te dien, maar beplan reeds om argitektuur te swot in 2021. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters