11 dae gelede
Drie kry life vir moord op 'rival bendelid'
Drie kry  life vir moord op rival bendelid
Drie kry life vir moord op "rival bendelid".  ~ verskaf

DRIE mans van Limpopo is lewenslank tronk toe gestuur nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op 'n man wat hulle daarvan beskuldig het dat hy aan ‘n rival bende behoort.

Die streekhof in Mokerong het Shigwana Ashley Kekana (35), Malesela Philemon Malope (24) en Lesetja Cosby Makhafola (23) gevonnis vir die moord wat in 2017 gepleeg is. 

Kol. Moatshe Ngoepe, 'n polisiewoordvoerder, sê die drie het 'n 24-jarige man op 22 November 2017 omstreeks 12:00 in Ga-Madiba Village buite Mokopane aangerand en met 'n mes gesteek.

Ngoepe sê die drie het die ernstig beseerde slagoffer na 'n Mokopane-hospitaal geneem en by die hek gelos sonder om die hospitaalowerhede in kennis te stel.

Die man is dood voordat hy mediese behandeling ontvang het.

"Die polisie is onmiddellik in kennis gestel van die voorval en voorlopige ondersoeke is begin.

Die saak is aan AO Malesela Kekana van die speurder-eenheid van Mahwelereng toegewys.

"Ná sy intensiewe ondersoek in hierdie saak is die drie in hegtenis geneem en positief met die moordsaak verbind en daarna gevonnis," sê Ngoepe. – News24 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters