6 dae gelede
25 beseer toe bus en taxi bots
riverlea
Sowat 25 mense is beseer in die ongeluk tussen 'n bus en taxi. FOTO: ER24  ~ 

SOWAT 25 mense is Vrydagoggend beseer toe 'n bus in die sy van 'n taxi in Riverlea gebots het.

Volgens ER24 het die voorval omstreeks 06:00 plaasgevind.

Russel Meiring, 'n woordvoerder vir ER24, sê met hul aankoms was talle van die mense buite die voertuie, terwyl vyf persone in die bus was.

Medici het die vyf versigtig uit die bus gehaal en hulle daarna behandel.

"Ten minste 25 persone het ligte beserings opgedoen.

"Gelukkig was daar geen sterftes nie."

Hy voeg by die pasiënte is almal op die toneel behandel en toe na naby geleë hospitale vervoer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters