12 dae gelede
20 Jaar tronkstraf vir man wat swanger vrou vermoor

DIE man wat Tshegofatso Pule (28) en haar ongebore in Junie verlede jaar vermoor het, is vir 20 jaar tronk toe gestuur.

Muzikayise Malephane het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof tronk toe gepos.

Malephane het  gesê hy is R70 000 aangebied om Pule te vermoor en dit soos selfmoord te laat lyk, berig SABC News.  

Pule was agt maande swanger toe haar lyk in Roodepoort aan ’n boom gevind is. Sy het steekwonde aan haar bolyf gehad. 

Volgens Malephane het die ongebore kind se pa, ’n getroude man, die opdrag gegee. Hy wou verhoed dat sy vrou van die kind uitvind. 

Die man is Donderdagaand in hegtenis geneem en sal Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters