Verlede maand
2 dood, 20 beseer toe tornado tref
weather
Die tornado wat dele van KwaZulu-Natal getref het.  ~ Twitter

MINSTENS twee mense is dood en 20 beseer nadat 'n tornado Dinsdag dele van KwaZulu-Natal getref het.

Die beseerdes van die Mpolweni-informele nedersetting naby Wartburg is Dinsdagaand vir ligte tot matige beserings behandel.

Ross Campbell, 'n ER24-woordvoerder, sê aan News24 hulle is om 17:20 deur rampbestuur en soek-en-reddingsdienste gebel om op die toneel te help.

Volgens Campbell is baie diere in die area beseer of het gevrek. Kraglyne was ook buite werking.

Raadslede is deur die departement van samewerkende regerings en tradisionele sake (Cogta) gestuur om geaffekteer areas uit te help.

Die omvang van die skade wat die tornado aangerig het, moet nog bepaal word.

Senzelwe Mzila, woordvoerder van Cogta, het aan News24 gesê dat Sipho Hlomuka, die LUR van die departement en Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal oppad is om die skade te bekyk. - News24



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters