4 maande gelede
16 beseer toe taxi rol en in vlei beland
ER24 was op die toneel toe 'n taxi met 16 passasiers gerol het.  ~ foto ter illustrasie: andre damons

TWEE minderjariges was onder die sestien mense wat Sondag op die R730 beseer is toe 'n taxi buite Welkom in die Vrystaat gerol en in 'n vlei beland het.

Ross Campbell, 'n woordvoerder van ER24, sê vier van die 16 mense is ernstig beseer.

Campbell sê die passasiers kon dit regkry om uit die taxi te kom.

Hy sê die minderjariges en die 14 volwassenes is op die toneel behandel en later na die privaathospitaal in Welkom geneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters