3 maande gelede
14 leeus ontsnap uit wildtuin
lion
Een van die ontsnapte leeus by 'n myn in Phalaborwa  ~ Facebook/Far North Bulletin

MENSE in Limpopo is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir 14 leeus wat Donderdag uit die Kruger Nasionale Park (KNP) ontsnap het.

Die plaaslike regering van Limpopo het die nuus bevestig en gesê die trop leeus dwaal rond in die omgewing van die Phalaborwa Foskor-myn.

Limpopo se departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme, het veldwagters gestuur om die trop se bewegings te monitor voordat daar opgetree word.

Daar is in 'n vergadering tussen die departement, die KNP en Greater Balule ooreengekom dat die leeus gevang en terug in die sorg van die KNP geplaas moet word.   

*In 'n ander voorval is 'n KNP-werker se tweejarige seuntjie deur 'n jagluiperd doodgebyt.

Volgens News24 het die tragedie Woensdagaand in die persooneel se leefarea gebeur.

Dokters het die seuntjie later by die Shogwe-hospitaal in Mpumalanga dood verklaar.

Fundisile Mketeni, hoof van SanParke, het sy medelye met die familie gedeel.

“Ons hou die familie in ons gebede. Ons wens hulle sterkte toe en sal al ons ondersteuning as 'n organisasie gee,” sê Mketeni. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters