7 maande gelede
14-jarige uit woonstel gered
Die polisie het 'n 14-jarige meisie en nege ander vroue uit 'n woonstel in Bloemfontein gered.  ~ Foto ter Illustrasie

'N 14-JARIGE meisie was onder die tien vroue wat deur die Valke uit 'n woonstel in Nelson Mandela-rylaan in Bloemfontein gered is.

AO. Lynda Steyn, 'n Valke-woordvoerder, sê die 10 vroue is na bewering prostitute en onder beheer van 'n 27-jarige man.

Steyn sê daar is ook 24 klein bruinerige klippies gevind sowel as 'n boekie met 'n lys name van prostitute en die aantal geld wat hulle per dag gemaak het.

Die vroue is na 'n plek van veiligheid geneem.

Die 27-jarige man sal na verwagting Dinsdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters