DIE beskuldigdebank was Woensdag gepak toe elf polisiebeamptes in verband met moord van verlede jaar in 'n KwaZulu-Natalse hof verskyn het.
Die beamptes word van Lundani Dlodlo se moord aangekla.
Ndileka Cola, woordvoeder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, sê die cops is Woensdag in hegtenis geneem en het dieselfde dag in die Mahlabathini-distrikshof verskyn.
Die beamptes is later elk op borgtog van R3 000 vrygelaat.
Hulle verskyn weer op 23 Maart in die hof. – News24