2 jaar gelede
100 miljard begroot vir ‘beste diens’
foto ter illustrasie  ~ 

DIE metropolitaanse koalisieregerings het begrotings van meer as R100 miljard in Tshwane, Johannesburg en Nelson Mandelabaai bekragtig.

Dit is die afgelope week by wyse van ’n gesamentlike verklaring deur die leiers van die opposisiepartye, Mmusi Maimane (DA), Mosiuoa Lekota (Cope), Jo-Ann Downs (ACDP), Pieter Groenewald (VF Plus), en Nonhlanhla Makhuba (IVP en die mayco-lid vir vervoer in Johannesburg) bekend gemaak.

“Wat hierdie begrotings van vorige begrotings onder leiding van die ANC onderskei, is die feit dat dit fokus op basiese dienslewering aan die armes, werkskepping, en om misdaad en korrupsie die nekslag toe te dien,” lui die ver­klaring.

Prioritiseer

Die politici meen hul doel is eenvoudig: “Ons regerings moet hulself kan onderskei deur net die beste dienste aan inwoners van Johannesburg, Tshwane en Nelson Mandelabaai te verskaf.”

“Elke koalisieregering het ’n begroting opgestel wat basiese dienslewering bo luuks­hede prioritiseer.

“Dit is bewyse van koalisieregerings wat finansieel verantwoordelik is vir die mense se geld,” het die politieke leiers gesê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters