Verlede maand
10 j. tronkstraf vir patoloog wat organe steel
Body Parts
foto ter illustrasie  ~ getty / gallo images

'N VOORMALIGE patoloog van Gauteng is Vrydag 10 jaar tronkstraf opgelê omdat hy die organe van 'n lyk gesteel het.

Dr. James Blair Mwesigwa (60), wat as spesialis-patoloog by die Diepkloof-lykshuis in Soweto gewerk het, is Vrydag in die Kempton Park-streekhof gevonnis.

Phindi Mjonoondwane, 'n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Gauteng, sê die staat het suksesvol bewys dat Mwesigwa die lyk van Alida Scheepers geskend het ná dit vir hom geneem is vir 'n nadoodse ondersoek.

"Riana Williams, die staatsadvokaat, het daarin geslaag om bewyse te bring wat die hof oortuig het dat Mwesiga sonder toestemming van die familie die hart, longe, farinks en stemkas uit Scheepers se lyk verwyder en gehou het," se Mjonondwane.

Volgens Daily Sun is Mwesigwa in November 2013 by die Diepkloof-lykshuis geskors ná hy met 'n emmer, met 'n brein en hart in, wou uitstap. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters