7 dae gelede
Zim man kry life vir girlfriend se steekdood
Lloyd Dube Simbe¬≠rasheFoto: Peter Abrahams  ~ 

Lloyd Simbarashe is pas tot lewenslank tronk toe gestuur vir die wrede mesdood van sy girlfriend Nikita Lewis (24).

Sy is op 9 Oktober 2015 naby die Saartjie Baartman-sentrum vir mishandelde vroue en kinders in Manenberg doodgesteek.

Lewis het by dié sentrum skuiling gesoek nadat Simbarashe acid in haar gesig gegooi het.

Sy was in ’n winkel naby die sentrum toe Simbarashe haar ten aanskoue van vriende en kinders 34 keer met ’n mes gesteek het.

Simbarashe het allea ontken en gesê hy kan niks onthou nie.

Regter Melanie Holderness se Lewis se moord was nie een van passie nie. "Dit was vooraf beplan en kalm en koel uitgevoer."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters