9 dae gelede
Zille wil ‘stabiliteit’ in DA bring
Helen ZilleFoto: peter abrahams  ~ 

DIE voormalige DA-leier en Wes-Kaapse premier Helen Zille wil na politics terugkeer om DA-leierskap te versterk.

Zille het laas week skokgolwe gestuur toe sy op die so­sia­le media gesê het sy gaan haar naam in die hoed gooi om die volgende voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad te word.

James Selfe (DA-LP), wat dié pos langer as ’n dekade beklee het, het vroeër vanjaar aangekondig hy gaan uittree wanneer sy termyn eindig.

Zille het onlangs in ’n onderhoud met News24 gesê sy keer terug, want die land se demokrasie hang van ’n “sterk en groeiende DA” af.

Sy sê: “Die party het deur woelige tye gegaan en benodig baie werk om voor die 2021- plaaslike regeringsverkiesings te stabiliseer.

“Anders gaan ons (DA) baie steun verloor. Ek het die ervaring om stabiliteit te bring.”

Die DA-leier wat Zille aanbeveel het vir die pos, Mmusi Maimane, het onlangs in die sop beland.

Dis nadat aan die lig gekom het dat hy ’n Toyota Fortuner gery het wat die voormalige Steinhoff CEO Markus Jooste geskenk het.

Maimane het na bewering daarop aangedring om die Fortuner steeds te gebruik selfs nadat die Steinhoff-skandaal aan die lig gekom het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters