6 dae gelede
Zephany sê dalk wie sy is
DOERIE TYD: Celeste Nurse spog met die pasgebore Zephany. Foto: Twitter  ~ 

DIE wêreld weet dalk binnekort wat die ware identiteit van Zephany Nurse is.

Haar saak het die hele land geruk nadat sy vir 17 jaar met haar steelma onder ’n ander naam as Zephany Nurse geleef het.

Sy is in 1997 uit die Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad gesteel.

Dit was nadat Nurse se biologiese ma, Celeste Nurse­, op 28 April aan haar die lewe geskenk het.

Nurse is in 2015 gevind toe sy en haar biologiese suster by dieselfde skool ingeskryf was.

Beskerm

Die suster het agtergekom hoe baie hulle na mekaar lyk.

Nurse (22) het toe ’n tussentydse interdik bekom om haar identiteit te beskerm.

Sy het laas week bekend gemaak dat sy die Johannesburgse hooggeregshof gaan versoek om die interdik te skrap.

Nurse sê sy is dankbaar vir die beskerming wat die interdik haar bied, maar sy het vrede gemaak met die nuwe realiteit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters