Verlede maand
Zarah-killers mang lank
Zarah Hector (33)FOTO Verskaf  ~ 

LIFE vir moord.

Altesaam 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede.

Dis die straf van Renaldo van Rooyen (33) en Tawfeeq Ebrahim (26), wat Zarah Hector van Kuilsrivier met ’n hamer doodgeslaan het.

Regter Lister Nuku het in Mei bevind die mans het die misdaad saam gepleeg. Hy het hulle albei toe op die twee klagte van moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Hector is op 15 Maart 2016 laas lewend en in die geselskap van haar killers gesien.

Die drie het toe in die garage van Van Rooyen se ouerhuis in Sarepta, Kuils­rivier, getik en ge-chill.

Toegekap: Tawfeeq Ebrahim (26) kry life vir die moord op Zarah Hector.
Killer: Renaldo van Rooyen mang ook lank.

Sy is in die einste garage vermoor, het die hof gehoor.

Hector is vermoor vir haar boyfriend se BMW, wat in haar besit was. Sy is vyf keer met ’n hamer gekap dat haar kop van haar nek losgekom het.

Albei mans het skuld ontken en het mekaar ge­blame. Albei het egter die plek waar haar lyk ge-dump is, uitgewys.

Nuku het bevind hulle was kop in een mus.

In vonnisoplegging het hy gesê die twee het met die toneel gepeuter om hul dade weg te steek.

“Ek het gaan kyk na hoe Hector se dood julle families en haar familie geaffekteer het. Dit is duidelik dat haar familie gebroke is weens die moord.”

Volgens Nuku het dit nie in Van Rooyen en Ebrahim se guns getel dat hulle nie die hof in hulle vertroue geneem het nie.

Tevrede: Die Hector-familie is baie happy nadat Zarah se killers life gekry het. Foto: Peter Abrahams
Dankbaar: Zarah Hector se dogter, Kate-Lynn, saam met haar twee anties.
Zarah Hector (33)FOTO Verskaf

Hulle het relaxed voorgekom toe Nuku vonnis opgelê het.

Hulle familielede in die hofgalery was emosioneel en het mekaar ondersteun.

Hector se familie het die hof smile-smile verlaat.

Volgens Vivi-Anne Pretorius, Hector se suster, kan hulle nou dié hoofstuk afsluit. “Nou kan ons healing-proses begin.”

Brenden Hector, haar broer, het gesê niks sal haar terugbring nie, maar hulle verwelkom die vonnis.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters