4 dae gelede
Zahnia: Killers kry albei life
KOELBLOEDIG: Larry Johnson wys gister steeds nie ’n greintjie berou toe hy hoor hy boek permie in die mang in nie.  ~ 
tevrede: Zahnia se ma, Cindy Woodward (agter regs), bedank gister die staatsaanklaer, Liesl Herbst (heel voor).Foto: ANELE MFAZWE

HARTELOSE lafaards.

Só het die Kaapse hooggeregshof die baba Zahnia Woodward (ses maande) se killers beskryf.

Daarna het hy hulle gister gepos om lewenslank agter tralies te sit.

Christopher September en Larry Johnson is laas week skuldig bevind aan Zahnia se skietdood, wat oor die big days in Ocean View gebeur het.

Vuurwapen

VUILGOED: Christopher September hou sy kop laag toe hy sy vonnis kry.Foto’s: MELINDA STUURMAN

Klein Zahnia is op 30 Desember 2016 in Carnationweg, Ocean View, in die kop getref toe die killers in ’n drive-by shooting op ’n groep mense losgebrand het.

September en Johnson is ’n verdere tronkstraf van tien jaar opgelê vir vyf ander klagte van poging tot moord.

Boonop is daar nog ’n verdere vyf jaar bygevoeg vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Johnson is gevonnis tot nóg tronkstraf van vyf jaar vir dwarsboming van die gereg.

Johnson se ma, Mirriam, het ’n opgeskorte vonnis gekry wat heeltemal opgeskort is op voorwaarde dat sy nie in dié tydperk aan dwars­

KOELBLOEDIG: Larry Johnson wys gister steeds nie ’n greintjie berou toe hy hoor hy boek permie in die mang in nie.

boming van die gereg skuldig bevind mag word nie.

Die hof het bevind Mir­riam het gereël dat daar van haar seun se kar, wat in die drive-by shooting gebruik is, ontslae geraak word.

Volgens regter Robert Henney is die moord op Zahnia helder oordag gepleeg met die wete dat onskuldige mense se veiligheid in die gedrang was.

Hy sê al was Zahnia nie die target nie, dien dit nie ter versagting nie, want September en Johnson se bedoeling was om moord te pleeg.

Henney noem dat September en Johnson nooit enige flenter berou getoon het nie.

Hy beskryf hulle dade as harteloos, sonder gevoel en sê hulle optrede was lafhartig omdat die lewe van onskuldige mense in die gedrang was.

Henney meen: “Hulle (September en Johnson) het nie omgegee dat onskuldige mense moontlik in die kruisvuur kon beland nie.”

Hoop

Henney lê klem daarop dat die hof ’n sterk boodskap moet uitstuur omdat bendeverwante skietmoorde te veel op die Kaapse Vlakte voorkom.

Hy sê: “Die gemeenskap moenie hoop opgee in die howe se vermoë om hulle te beskerm teen mense soos September en Johnson nie.

“Die howe moet ’n duide­like boodskap uitstuur dat die gemeenskap steeds sonder­ vrees kan leef en nie bevrees hoef te wees vir mense­ soos September en Johnson nie.”

Zahnia se ma, Cindy, sê sy is tevrede met die vonnis en sy het adv. Liesl Herbst, die staatsaanklaer, bedank vir haar goeie werk.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters