Verlede maand
WKOD ‘fokus op veiligheid’
GLAD: Die WKOD sê hy volg protokolle en leerders se liggaamstemperatuur word fyn dopgehou tydens die eksamens.  ~ Netwerk24

NOUDAT Covid-19 weer in die Wes-Kaap lelik kop uitsteek, sê die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) hy doen alles in sy vermoë om die veiligheid van die leerders te verseker wat tans hul eksamens aflê.

Volgens Bronagh Hammond, ’n WKOD-woordvoerder, word leerders met ’n liggaamstemperatuur van hoër as 38°C dadelik in ’n isolasiekamer geplaas as die leerkragte hul temperatuur ná elke 10 minute check en dit so hoog bly.

Voltooi

Hammond sê geen eksamen is vir die duur van die matriekeindeksamen of die res van die grade se eindeksamens ontwrig nie.

Altesaam 37 matrikulante is egter met die aanvang van die matriekeindeksamen positief vir Covid-19 getoets, aldus Hammond.

Alternatiewe venues is regoor die provinsie reggemaak waar Covid-positiewe matrikulante hul eksamen kan voltooi.

Die Wes-Kaap se jongste uitbreking van Covid-19 het die provinsiale gesondheidsdepartement diep aan die worry.

Sowat 6 000 Covid-19-gevalle is reeds die afgelope sewe dae in die provinsie aangemeld.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters