9 dae gelede
Winkels neem social distancing ernstig op
SPASIE: Merke is op die vloere gemaak om shoppers uitmekaar te hou.  ~ Melinda Stuurman

MET ’n total shutdown wat van Donderdag in werking tree, het sommige winkels reeds maatreëls ingestel om mense van mekaar te distansieer.

Winkels soos Shoprite en Spar neem hulle klante se gesondheid in ag en dis waarom hulle lyne op die vloer getrek het van hoe ver shoppers van mekaar moet staan.

Hoewel dit reeds in ander lande gedoen word, is hier baie winkels in Suid-Afrika wat dit nog nie toepas nie.

Wanneer jy by Shoprite instap, word jou hande met hand sanitiser skoongemaak.

Op die grond word daar ook aangewys waar jy moet staan. Shoprite se mediaspan sê die maatskappy is toegewyd om die virus tot ’n einde te bring.

So lui ’n media-verklaring: “Die Shoprite-groep is daaraan toegewyd om te hou by die streng maatreëls wat deur pres. Cyril Ramaphosa ingestel is in sy aankondiging dat die land in ’n nasionale ramp verkeer.

Voorkom

“­ ’n Spesiale groep eksekuteurs tree elke 24 uur in om te rapporteer oor die vordering wat gemaak is in departemente.

“ Dit sluit planne en nuwe prosedures in wat ingestel is soos wat die krisis ontwikkel.

“Hierdie planne is reg oor die besigheid en winkels ingestel en behels addisionele hi­giëne, skoonmaakprosedures, asook hoe om die virus te voorkom.”

Klante by Spar in Kuilsrivier was ook baie beïndruk toe hulle lyne op die vloer raaksien om te help met distansiëring.

Die Spar het in ’n post op sy Facebook-blad gesê die hele idee is om almal teen Covid-19 te beskerm

Die post lui: “Ons het lyne by ons tills gesit sodat sosiale distansiëring geïmplimenteer kan word.

“Hoe vinniger ons gewoond raak aan die idee, hoe beter sal dit vir almal se gesondheid wees.

“Kom ons lei en wys almal hoe dit gedoen moet word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters